Ons Agtergrond
Kruithoring Kommando is deel van Laerskool Menlopark sedert 1953.
Die Kommando bestaan uit 12 spanne vir seuns en dogters van Gr 1 tot Gr 7, met 145 Voortrekkers wat ons tans die grootste Kommando landswyd uit een skool maak.
Ons is ‘n dinamiese kultuurbeweging vir die jeug, gerig deur ‘n Bybels-Christelike lewens- en wêreldbeskouing tot ‘n lewenswyse van eer aan God en diens aan volk,
land en medemens.
In graadverband fokus die spanne op die aanleer van spesialisasies soos Veldkook, Spoorkennis, Ruimtewaarneming, Boeresport, Roeikuns, Weerkennis, Medemens, Gedenkwaardighede, Persoonlike Versorging, Ruiterkuns, Sterrewaarneming, Strandbewustheid, Veldbewustheid en beleef hope pret en avontuur op ons kampe!
Kommando-byeenkomste word geskeduleer op die eerste Woensdag-middag van die maand; of die eerste Woensdag wat volg na ‘n skoolvakansie op die A-veld om 16:30.
Vories dra tydens die Kommando-byeenkomste asseblief hul Amptelike drag (blou golfhemde; met die erkenningsbaadjie vir Gr 3-7’s) so ver moontlik.
Spanbyeenkomste vind twee weekliks plaas, normaalweg by die skool of soos gereël met die Spanoffisier.
Last Updated (Thursday, 03 May 2012 11:37)


